Agri Monitor - 04 August 2020
n die splinternuwe episode van AGRI Monitor gesels ons in NUUSGESPREK met Johan Orffer, president van die Namibië Wagyu-vereniging – nie net oor hoe lekker Wagyu-vleis is nie, maar ook hoekom telers hulleself en hul diere moet registreer. Ronelle Rademeyer lê besoek af aan Sonia Rabie se padstal, Mele, by Namibgrens. Dit, as deel van AgriMonitor se reeks oor padstalle in Namibië as 'n bemarkingsplatform vir plaasprodukte uit die omgewing.